Parasetamol

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Parasetamol


Chemiese data

Formule: C8H9NO2
Molekulêre massa: 151.169 g/mol

Fisiese data

Digtheid: 1.263 g/cm³

Smeltpunt: 169 °C

Parasetamol (ekwivalent aan asetaminofeen in die VSA) is 'n gewilde pynstiller en koorswerende middel. Die middel is afkomstig van koolteer en, anders as fenasetien, 'n outydse pynstiller wat parasetamol as metaboliet gebruik het, is dit nie kankerwekkend nie. Inteendeel: oor die algemeen verdra die menslike liggaam parasetamol goed en word baie van die newe-effekte van aspirien nie aangetref nie. Dit is oor die toonbank verkrygbaar en word dikwels gebruik vir die afwering van koors, hoofpyn en ander klein pyne en skete. Dit word ook saam met ander nie-steroïede anti-inflammatoriese middels (soos ibuprofeen) of opioïediese pynstillers gebruik om ernstiger pyn te behandel.[1] Parasetamol is ook 'n hoofbestanddeel in verskeie geneesmiddels vir verkoue en griep.

Indien slegs die voorgeskrewe dosis geneem word, is parasetamol oor die algemeen veilig om te gebruik, maar 'n akute oordosis kan moontlik lewensgevaarlike lewerskade veroorsaak; in seldsame individue kan 'n normale dosis dieselfde gevolg hê. Parasetamolvergiftiging is die vernaamste oorsaak van akute lewerversaking in die Westerse wêreld en is verantwoordelik vir 'n groot deel van die totale dwelmoordosisse in die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Australië en Nieu-Seeland.[2][3][4][5] 'n Studie in 2008 het ook aangedui dat die inname van parasetamol deur babas moontlik tot 'n verhoogde risiko vir die latere ontwikkeling van asma lei.[6][7][8]

  1. Control of Pain in Patients with Cancer Sign Guidelines 40 Section 6 [1] Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine.
  2. Daly FF, Fountain JS, Murray L, Graudins A, Buckley NA (2008). "Guidelines for the management of paracetamol poisoning in Australia and New Zealand—explanation and elaboration. A consensus statement from clinical toxicologists consulting to the Australasian poisons information centres". Med. J. Aust. 188 (5): 296–301. PMID 18312195.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Khashab M, Tector AJ, Kwo PY (2007). "Epidemiology of acute liver failure". Curr Gastroenterol Rep. 9 (1): 66–73. PMID 17335680.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Hawkins LC, Edwards JN, Dargan PI (2007). "Impact of restricting paracetamol pack sizes on paracetamol poisoning in the United Kingdom: a review of the literature". Drug Saf. 30 (6): 465–79. PMID 17536874.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Larson
  6. Laurance, Jeremy (19 September 2008). "Paracetamol given to babies is linked to global rise in asthma" (in Engels). The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2009. Besoek op 19 September 2008.
  7. Beasley, Richard; Clayton, Tadd; Crane, Julian; von Mutius, Erika; Lai, Christopher; Montefort, Stephen; Stewart, Alistair (2008). "Association between paracetamol use in infancy and childhood, and risk of asthma, rhinoconjunctivitis, and eczema in children aged 6–7 years: analysis from Phase Three of the ISAAC programme". The Lancet. 372: 1039–1048. Besoek op 19 September 2008.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. "Baby paracetamol asthma concern" (in Engels). BBC News. 19 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2017. Besoek op 19 September 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search